David Coetzee (middel) van Worcester Gimnasium het by die Filmit-prysuitdeling die prys vir Beste musiekvideo gewen.Foto:


Paul Roos Gimnasium het die derde jaarlikse Filmit Festival vir hoër­skoolleerders van dwars oor Suid-Afrika vir 2023 aangebied.

Die derde prysuitdelingseremonie is Vrydag­aand 10 November by die Homecom­ing Centre in Kaapstad gehou.

Twee leerders van die vallei het pryse opgeraap – David Coetzee van Worcester Gimnasium vir Beste musiekvideo: Deep Water, en Luc Joubert van die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres vir “Ander”-rolprent: Happiness.

Die prysuitdelingseremonie is ’n glansryke gebeurtenis wat kreatiewe leerders die geleentheid bied om ’n stylvolle aand, wat aan die Oscars herinner, by te woon én erkenning te geniet vir hul harde werk deur die loop van die jaar. In 2023 kon jong rolprentvervaardigers flieks in een of meer van die volgende afdeling indien: advertensies, dokumentêre, musiekvideo’s, animasieflieks, “ander” flieks en die gewilde kortfliek-afdeling.

Benoemde produksiespanne van die Hoërskool Alexander Road, die Hoërskool Charlie Hofmeyr, die Hoërskool Clifton, die Hoër Meisieskool Bloemhof, die Hoërskool Jan van Riebeeck, die Hoërskool Kalahari, die Hoërskool Kylemore, die Hoër Jongenskool Paarl, die Hoërskool Parel Vallei en Paul Roos Gimnasium het die geleentheid bygewoon.

Die veteraanakteur Deon Lotz het al die ander trofeë en geldpryse deur die verloop van die aand oorhandig. Die vervaardiger by Kaapland Films, Cobus van den Berg, en verteenwoordigers van die SAE-stigting van Suid-Afrika (wat almal saam met Nico Scheepers en Kabous Meiring as beoordelaars opgetree het) was die eregaste op die aand. Die ondersteunende borge Orms Direct én die SAE-stigting van Suid-Afrika het hul produkte en kursusmateriaal by die geleentheid ten toon gestel en leerders se vrae oor rolprentverwante tegnologie en naskoolse kursusse beantwoord.

Die wenners was:

1. Beste grafiese-plakkaat-ontwerp: A scoop with death, Jake Savage, die Hoërskool Clifton, Durban;

2. Beste kostuumontwerp: Say Cheese, Wian van de Vyver & Dawid Oelofse, die Hoër Jongenskool Paarl;

3. Beste Produksie-ontwerp: Say Cheese, Dawid Oelofse, die Hoër Jongenskool Paarl;

4. Beste Kinematografie in ’n kortfliek: A scoop with death, Jake Savage en Kristian Bunyan, die Hoërskool Clifton, Durban;

5. Beste Kinematografie in ’n dokumentêr of “Ander”-fliek: Zavar Sayed, die Hoërskool Clifton, Durban;

6. Beste redigeerder in ’n kortfliek: Say Cheese, Juan Roberts en Charl Steenkamp, die Hoër Jongenskool, Paarl;

7. Best redigeerder in ’n dokumentêr of ’n “Ander”-fliek: Keys aren’t just black and white, Bruwer Bornman, die Hoër Jongenskool Paarl.

8. Beste spesiale effekte: Alone, Zavar Sayed, die Hoërskool Clifton, Durban;

9. Beste draaiboekskrywer: Social Species, Louis Botes, Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad;

10. Special Jury Award (draaiboek-toekenning)-sertifikaat: Say Cheese, Dawid Oelofse, die Hoër Jongenskool Paarl;

11. Beste akteur: A scoop with death, Jinwon Ha, HS Clifton, Durban;

12. Beste ondersteunende akteur: Geskiedenis, Reuben de Wit, Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch;

13. Beste aktrise: Ontsnap, Anneke Fourie, die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch;

14. Beste ondersteunende aktrise: Modus Operandi, Marilie Kotzé, die Hoërskool Kalahari, Kuruman;

15. Best ensemble: Say Cheese, die Hoër Jongenskool Paarl;

16. Beste musiekredigeerder: Say Cheese, Wian van de Vyver en Dawid Oelofse, die Hoër Jongenskool Paarl;

17. Beste oorspronklike lied in ’n musiekvideo: Mad at time, Amuran Bester, die Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad;

18. Beste oorspronklike klankbaan in ’n kortfliek: A scoop of death, Jake Savage, die Hoërskool Clifton, Durban;

19. Beste regisseur: Social Species, Louis Botes, die Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad.


20. Beste “Ander”-fliek: Happiness
, Luc Joubert, die Hoërskool Charlie Hofmeyr, Ceres;

21. Beste dokumentêr: Keys aren’t just black and white, Bruwer Bornman, die Hoër Jongenskool Paarl;


22. Beste musiekvideo: Deep Water, David Coetzee,
Worcester Gimnasium, Worcester;

23. Beste advertensie: Die Hoërskool Kylemore, Kylemore;

24. Beste animasie: Patches, Emma Rose Parker, die Hoërskool Parel Vallei, Paarl;

25. Beste kortfliek: Social Species, Louis Botes, die Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad.

Al die wenners het ’n trofee, ’n geldprys (R750-R3 000) en ’n mentorskap­sessie met ’n bedryfskenner gewen. Die mentor­skapsessies sal in 2024 plaasvind. Die Beste akteur, Beste aktrise, Beste ondersteunende akteur en Beste onder­steunende aktrise sal as gasspelers in die plaaslike sepie Suidooster verskyn. Dit word in 2024 verfilm.

Belangstellendes kan die seremonie en die vertoning van die Beste Kortfilm kyk op die Filmit Festival YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/watch?v=s5tkSFlfioo

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article