Die Erika Rabie School of Ballet bestaan reeds lank en het meer as 100 ballerinas in Worcester en De Doorns.
Die balletskool moes in 2020 en 2021 herhaaldelik sy konsert (Coppelia) saam met Cape Town City Ballet uitstel weens die Covid-pandemie.
Ten spyte van langer skoolvakansies en streng Covid-regulasies, het die ballerinas en hul juffrou aangehou met hul klasse en verlede jaar kon 110 ballerinas hul formele eksamen dans en vorder na die volgende vlak. Al die ballerinas het uitstekend gevaar.
Twaalf ballerinas van die balletskool het vroeër vanjaar hul formele Cecchetti-ballet-eksamen in De Doorns voltooi en pragtig presteer. Erika Rabie, hul onderwyser, is veral trots op haar twee senior dansers, Zané Hansen en Dané van Zyl, wat uitstekend in hul Intermediate Foundation Major Cecchetti-eksamen gevaar het, soveel so, dat albei genooi is om op provinsiale vlak aan die Wes-Kaapse Cecchetti Major Awards-geleentheid te gaan deelneem. Hierdie is ’n uiters moeilike eksamen en keuring is baie streng.





