Die Pionierskool vir Siggestremdes het Donderdag 2 November, onder luidrugtige toejuiging van 220 gaste, hul heel eerste musiekvertoning, An Amazing Race Through Time, met groot sukses aangebied. Quinten Pendle, een van die Pionierskool se musiekonderwysers en self ook ’n oudleerder, was die regisseur van hierdie puik produksie. Onderwysers en personeel het soos een man agter die skerms saamgestaan om hierdie produksie, waaraan elke siggestremde leerder, insluitend Also-leerders (afdeling vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes), deelgeneem het, vlerke te kon gee. Die aand was voorwaar een wat vir baie lank in hul harte gebêre sal bly. Foto: Fabio Julies


Pionierskool pronk met reuse-talent

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article