Abongile Tikini (graad 6) en Sibabalwe Tsekoa (graad 2) wat gaste tydens die opedag verwelkom het met spesiale kaartjies wat die braille-alfabet op het.Foto’s: JP Myburg


Die Pionierskool het Vrydag 10 Maart ’n spesiale opedag aangebied wat skenkers en sakelui oor die land heen ’n dieper kykie kon gee tot alles wat die skool doen en bied.

Pionierskool in Worcester is ’n nasionale instelling wat daarop toegespits is om sorg en opvoeding te verseker vir leerders wat siggestremd is, gedeeltelik blind is of ander gestremdhede het.

Hierdie skool dateer terug na die 1800’s en is een van die groot redes waarom Worcester as die omgee-hoofstad van Suid-Afrika bekendstaan.

Besoekers is op die opedag in groepe verdeel en het ’n behoorlike toer van die fasiliteite by die skool gekry.

Hulle is ingelig oor prestasies asook spesiale projekte waarby die skool betrokke is.

“Ons is baie opgewonde om almal vandag hier te verwelkom en te wys presies wat ons doen,” het die skool se bemarker, Elizma Berlyn, aan Standard gesê.

Berlyn en talle personeellede het die verrigtinge gelei en die besoekers was omtrent beïndruk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article