Philip Viljoen, ’n gr. 5-leerder aan die Hexrivier Opvoedkundige Sentrum (De Doorns), het by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap op 20 en 21 Maart in Pietermaritzburg vir die tweede jaar in ’n ry weggestap as die kampioen in gewigstoot vir seuns o.11. By die sone-byeenkoms het hy ook eerste plek behaal, sowel as by die Noord-Boland-byeenkoms en die Boland-atletiekbyeenkoms.


Philip skitter in gewigstoot

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article