Die wenspan van Alvi’s Drift is van links: Ferdinand Skippers, Zelda Sem, Donovan November, Cameron Arries, Bernard Louw, Cynthy Cupido, Tom Mazetta en William Carolus.Foto:

Credit: SYSTEM

Die werknemers van die Alvi’s Drift-private kelder tussen Worcester en Villiersdorp het vanjaar in die streekafdeling van die onlangse 2023- Wes-Kaapse Prestige Agri-werker van die jaar-kompetisie presteer.

Die Alvi’s Drift-wenners en naaswenners in die Breedevallei Prestige Agri-toekennings is:. Bernard Louw – algehele streekwenner en wenner: Middelbestuur . Zelda Sem – tweede naaswenner: Administratief. Donovan November – naaswenner: Drywer. William Carolus – tweede naaswenner: Besproeiing. Tom Mazetta – naaswenner: Tegniese Operateur

“Bernard het voor ons grootgeword,” sê Alvi’s Drift se keldermeester, Riaan van der Merwe.

“In my agt jaar by Alvi’s Drift het Bernard ontsaglike groei getoon – van jongman tot ’n baie volwasse en gedrewe wynmaker-in-wording. Ons almal is baie trots op hom.”

Bernard gaan nou deur na die provinsiale deel van die kompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article