Die Worcester Perseverance-rugbyklub (Persies) het Saterdag (11 Februarie) in Wolseley teen die Wolseley-rugbyklub gespeel, maar die wedstryd 8-3 verloor.

Die wedstryd het met geesdrif afgeskop, met Persies wat in die eerste minute met ’n strafskop beloon is.

Persies se kaptein, Jonathon Jordaan, het egter die pale gemis en die stryd tussen die twee rugbyspanne het voortgeduur.

Persies het sy eerste drie punte danksy ’n suksesvolle strafskop deur sy losskakel, Jacquin Jacobs, aangeteken.

Kort hierna was Wolseley op die aanval en hul geesdrif het tot ’n strafskop deur Jowiel Willemse gelei, wat die telling (3-3) gelykop gemaak het.

Die wedstryd het met alle erns voortgeduur en Wolseley se vleuel Ruben van Rooyen het ’n drie gedruk. Die doelskop was ongelukkig nie suksesvol nie en die telling 8-3.

Ná halftyd was albei rugbyspanne se verdediging baie sterk voor die doellyn – soveel so dat nie een van die twee verder daarin kon slaag om punte aan te teken nie. Die wedstryd het dus 8-3 in Wolseley se guns geëindig.

Die wedstryd was wel nie sonder voorval nie – vier geelkaarte is aan albei spanne uitgedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article