Die Worcester Perseverance-rugbyklub het die afgelope Saterdag (20 Mei) teen Montagu Villagers (Ses Duim) in Esselenparkstadion gespeel waar hulle in ’n naelbytstryd met een punt 30-31 verloor het. Bo hardloop Dillon Williams (regtervleuel) van Persies na die doellyn vir ’n drie. Die Persie-spelers wat drieë aangeteken het, was Chaundrau Jaftha (linkervleuel), Carlo Wilskut (binnesenter), Dillon Williams en Rugarth Thompson (skrumskakel). Jacquin Jacobs (heelagter) het twee balle oorgeklits om drieë te verdoel, en het ook twee strafskoppe verdoel. Die Persies-speler van die wedstryd was Winston Ryneveldt (haker).Foto: Jana Scheepers


Persies verloor in naelbytstryd

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article