’n pastoor by die
New Life Family Worship Centre
en
stel ná groot sukses met sy daaglikse geloofsboodskappe ’n boek, Padkos vir Nuwe Lewe, bekend.
Die boek neem hierdie inisiatief verder.
Swart het gedurende 2020 tydens die Covid-19-grendeltydperk opbeurende boodskappe aan die Worcester-gemeenskap via sosiale media soos WhatsApp en Facebook oorgedra.
Hiérdie inisiatief bereik elke dag sowat 500 000 mense en is volgens Swart daagliks aan die groei.
Die boodskappe word in videoformaat vrygestel en word op drie WhatsApp-groepe en verskeie Facebook-blaaie gedeel.
Die Padkos-boodskappe het begin met ’n kosinsamelingsprojek tydens die Covid-inperking wat deur Chrisma Slaghuis georganiseer was, verduidelik Swart.
“Ek het bemoedigende boodskappe op WhatsApp gestuur aan die mense wat by dié insameling betrokke was.
“Die video-boodskappe word tans elke oggend om 05:00 op drie WhatsApp-groepe vrygestel, asook die sosialemediablaaie van Worcester FM, Jou Stasie en Caledon FM en New Life Family Worship Centre, en is ook te sien op Padkos vir Nuwe Lewe se YouTube-kanaal.”
’n App is ook binne die volgende maand op die Google Play Store beskikbaar, waar die publiek daagliks gratis toegang tot geloofsboodskappe kan kry.
Ná die sukses met die aanvanklike video-boodskappe het Swart besluit om daarmee voort te gaan – ’n besluit waarvan hy die vrugte gepluk het aangesien sy boek Padkos vir Nuwe Lewe binnekort op die rakke sal wees.
Die boek word op 28 en 29 Oktober by die Mountain Mill-inkopiesentrum se Christelike boekwinkel, Olive Tree, bekendgestel.
Die boek is ’n 366-dae-dagboek wat daaglikse opbeurende geloofsboodskappe deel.
Swart se boek bied lesers die geleentheid vir stiltetyd deur hulle aan te moedig om te reflekteer op wat gelees word, met plek vir notas.
Padkos vir Nuwe Lewe sal teen R195 by die Olive Tree- Christelike boekwinkel te koop wees.



