Dis pampoentyd by Food Lovers Market. Dit is dus ’n baie goeie tyd om jou geliefdes met hierdie effens gekruide, hartlike pampoensop te bederf, spoggerig opgedis in mini-pampoene – net die regte ding om die siel en gemoed in die koue dae soos hierdie week warm te maak.
Hierdie unieke sop is ryk en romerig, gemaak met geroosterde groente en ’n tikkie Thai- rooi kerriepasta.
Beproef hierdie resep vir ’n visueel boeiende en geurvolle ervaring.
Voorbereidingstyd:
20 minute
Kooktyd:
1 uur
J
y benodig:
Vir die geroosterdepampoensop:
– 1,5 kg pampoen, in blokkies gesny
– 1 geel of rooi soetrissie
– 1 groot prei, gewas en gesny
– 3-4 knoffelhuisies, geskil en gesny
– 45 ml (3 eetlepels) rooi kerriepasta (of een eetlepel matige kerriepoeier)
– 1 F (vier koppies) groente- of hoenderaftreksel
– 250 ml (een koppie) room
– sout en swartpeper, na smaak
Om voor te sit (opsioneel):
– 60 ml (¼ koppie) pampoenpitte
– 2,5 ml (½ teelepel) gemaalde komyn
– 5 ml (2 teelepels) rissievlokkies
– 10 ml (2 teelepels) Food Lover’s gemengde saad- en ekstra suiwer olyfolie
– 30 ml (2 eetlepels) Food Lover’s Basiliekruid Pesto
– Vars tiemie
So maak jy:
Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die pampoen, soetrissie en prei in ’n braaipan, bedrup met olyfolie en geur met sout en swartpeper. Rooster in die oond vir ongeveer 35-40 minute.
Verhit ’n skeut olyfolie in ’n diep pot oor medium hitte. Braai die knoffelskyfies en rooi kerriepasta vir ongeveer 3-4 minute terwyl jy roer. Voeg die geroosterde groente, aftreksel en room by en meng tot glad. Proe en pas geurmiddels aan indien nodig.
Om voor te sit:
Meng die pampoenpitte, komyn, rissievlokkies en olyfolie in ’n klein bakkie. Bak in die oond vir ongeveer 10-12 minute of tot goudkleurig en bros.
Sit die sop in die uitgeholde pampoen voor en garneer met die gekruide pampoenpitte, basiliekruidpesto en vars tiemie.





