Die volgende fase in die opgradering van die sypaadjies rondom die Pionierskool vir siggestremdes het vandeesweek begin.
Verskeie strate en kruisings sal kort-kort gesluit wees aangesien opgraderings by die Tulbagh/Porterstraat- en Tulbagh/Kerkstraat-aansluiting plaasvind.
Die padwerkery sal volgens die Breedevallei-munisipaliteit tot 10 Maart voortduur.
“Bouwerk sal ’n mate van ongerief veroorsaak en ons vra die publiek om verkeerseine te volg en aan verkeersbeamptes se aanwysings te voldoen om gladde verkeersbestuur in die gebied te verseker,” lui die verklaring.
Die doel van die opgraderings, wat deur die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit gedoen word, is om veiliger wandelpaaie vir siggestremdes te verseker. Die projek kos R2,8 miljoen.




