’n Sakeman van Worcester is verlede in die streekhof 10 jaar tronkstraf opgelê op aanklagte dat hy sy dogtertjie seksueel aangerand en video’s laat maak het.

Die naam van die man word weerhou om die minderjarige se identiteit te beskerm.

Luidens hofstukke het die voorvalle van seksuele aanranding meestal ná ure by sy werksplek plaasgevind oor ’n tydperk van Maart tot April verlede jaar.

Hy het hom voor sy dogter wat in daardie stadium 9 jaar oud was blootgestel, gemasturbeer en haar gedwing om video’s van haarself te maak en foto’s van haarself te neem.

Die man se dade het aan die lig gekom toe hy sy vrou in Mei verlede jaar gevra het om seker te maak alle familiefoto’s is van die selfoon verwyder voordat hy van selfone verwissel het.

Dit was hiertydens dat sy op pornografiese foto’s en ’n videogreep van hul minderjarige dogter afgekom het.

Die aanranding is aangemeld, waarna ’n strafregtelike ondersoek gevolg het en die man uiteindelik in hegtenis geneem is.

Hy het op 21 Junie in die hof verskyn en skuld op al die aanklagte teen hom beken. Die man is deur landdros Clifton Maseti effektief 10 jaar tronkstraf opgelê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article