Die Worcesteriet Spasie Jeftha is op 80-jarige ouderdom steeds ’n ywerige drawwer. Sy het reeds op skool begin hardloop en deesdae draf sy bykans daagliks 5 km teen wat sy beskryf as ’n “taamlike spoed”. Sy is ook elke Saterdag by Worcester se Parkrun te sien en neem gereeld aan 5 km- en 10 km-wedlope deel. Voorheen het sy half- en vol-marathons gehardloop. Spasie en haar kleinkind Nathan Nonney het onlangs ’n 5 km-wedloop in Tygervallei voltooi. Volgens Ouma Spasie kan sy nie “nou al gaan stilsit nie”. Sy sê sy het sommer nog baie murg in haar 80-jarige pype.


Ouma draf steeds op 80

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article