Quinton Adams (opvoedkundige sielkundige) van die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag 6 Augustus op ’n ouervergadering by Hoërskool Waveren met die ouers oor die onderwerp “Dissipline begin by die huis” gesels. “Daar is sekere boustene wat in plek gesit moet word. ’n Kind is soos ’n plant wat die nodige bestanddele nodig het om te groei. Die drie vernietigende V’s in ’n kind se lewe is vernedering, verwerping en verwaarlosing,” sê Adams. Hy het ook aspekte soos kommunikasie, respek, reëls, gesag en gesagsfigure, reg en verkeerd, verantwoordelikheid en omgee vir ander, bespreek. Bo is die ouers en die personeellede wat die praatjie bygewoon het.Foto: Peter Luitjies


Ouers ingelig oor dissipline

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article