Die voormalige Söhnge-onderwyskollege Worcester het onlangs sy jaarlikse reünie in die Nuy gevier. Studente van so ver as Namibië het destyds per trein gekom om hulle hier te bekwaam. Baie het weer eens die langpad aangepak om die reünie by te woon. Sommige het hul klasmaats en vriendinne 50 jaar laas gesien. Dit was ’n emosionele heront­moeting en daar is geskater oor staal­tjies uit hul studentejare. Almal het die reünie terdeë geniet en sien uit na die volgende een. Elaine Hoffman het die inisiatief geneem en kollegas aangemoedig om leesboekies te borg wat aan twee plaaslike skole, Nuy- en Leipzig Primêr, geskenk is. Van links is Francisca Brukman, Elize Bailey (Namibië), C. le Roux (skoolhoof, Nuy Primêr), Emily Solomons (voormalige vakadviseur), Annette Daniels, Elaine Hoffman en Amina Freeman tydens die oorhanding van die boeke aan Le Roux. Foto:


Oudstudente weer byeen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article