Verlede Maandag (24 Oktober) was ’n groot dag vir Waveren Laerskool toe die matrikulante van 1992 ’n geldelike donasie van R100 000 aan die skool oorhandig het. Fred Arendse, ’n oud-Tulbaghiet asook oud-leerder van Waveren Laerskool, en sy voormalige klasmaats het onlangs ’n reünie bygewoon waar hulle ’n ou Waveren-skoolkoerant, wat destyds verkoop was vir R2, opgeveil het en altesaam R100 000 ingesamel het. Arendse het ander oud-matrikulante uitgedaag om hul voorbeeld te volg en te kyk of hulle ook die R100 000-kerf kan bereik. Links agter is Arendse saam met die hoof, Andelene Michaels, asook anders opvoeder en oud-matrikulante van 1992.Foto: Alicia Luitjies

Credit: SYSTEM

Oud-leerders van Waveren oorhanding skenking

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article