Heleen Maass, ’n ondersteuningsopvoeder by die Laerskool Waveren in Tulbagh, het onlangs by Manleys in Tulbagh sowat 60 gaste genooi om haar eerste boek, Ella se droom, bekend te stel. Sy leef al die afgelope vyf jaar haar passie uit, wat haar in staat stel om leerders wat ’n akademiese agterstand het, te onderrig. Haar onderwyservaring het aan haar bewys dat kinders wat van ’n jong ouderdom af nie genoeg blootstelling aan boeke kry nie, waarskynlik deur swak taalontwikkeling en ’n beperkte woordeskat benadeel sal word. Daarom is boeke tydens vroeëkinderontwikkeling van kardinale belang. Haar eie liefde vir skryf, poësie en boeke was reeds sedert ’n jong ouderdom deel van haar lewe. Dit bly vir haar ’n groot voorreg om met kinders te werk en ook hierdie besondere liefde vir lees aan hulle oor te dra.Ella se droom is reeds in 2020 gebore en dit gaan oor die belangrikheid van lees. Sy sê ’n tweede boek is gewis in die pyplyn en dis regtig haar hoop dat skole weer sal floreer met biblioteke sodat kinders weer ’n liefde vir lees sal begin kweek. Talle opvoeders het die bekendstelling van Ella se droom bygewoon. Foto links: Voor sit Heleen Maass, die skrywer met haar eerste boek. Agter van links is lede van die personeel, naamlik Nadia

Credit: SYSTEM

Opvoeder se boek inspireer kinders om te lees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article