Lede van Body of Christ het Sondag 1 Oktober ’n opelugdiens in Riverview, Worcester, gehou om onder meer bendebedrywighede en -geweld in die dorp aan te pak. Verskeie getuienisse is by die diens gelewer. Past. Eddie Joseph van Body of Christ het ’n beroep op geestelike leiers en diegene in ander leiersposisies gedoen om met hulle saam te staan en die dorp tot orde te bring. Body of Christ is ’n liggaam wat bestaan uit onder meer predikante, profete, pastore, evangeliste en apostels – almal van verskillende denominasies – wie se doelwit dit is om saam te beweeg om eenheid en wedersydse respek te bewerkstellig. Bo is van die lede van Body of Christ wat die opelugdiens bygewoon het.Foto: Enrico Claassen


Opelugdiens teen bendes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article