Twee atlete van die Laerskool Wynland het puik presteer by die Wes-Kaapse skolekampioenskap by die Dal Josafat-stadion in die Paarl. David Exford (links) het eerste plek behaal in die 1 200 m vir seuns o.10 met ’n wentyd van 3:54:94. Laché Haas (o.11) het eerste plekke behaal in albei haar items, die hoogspring met ’n wenhoogte van 1,39 m, en 100 m met ’n wentyd van 13.89. Hulle gaan nou aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskaps­byeenkoms deelneem wat van 24 tot 26 Maart in Potchefstroom gaan plaasvind.


Op pad na die SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article