Heidri Losch, ’n voormalige onderwyser van ’n laerskool in Worcester is skuldig bevind op aanklag van seksuele aanranding van ’n minderjarige seun.
Die oortredings het van 2016 tot 2017 geduur. Losch het sedertdien uit die onderwys bedank.
Landdros Clifton Maseti het Losch ingevolge ’n pleitooreenkoms skuldig bevind en hy is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf in geheel opgeskort vir ’n tydperk van vyf jaar, plus ’n verdere drie jaar korrektiewe toesig met streng voorwaardes wat onder meer huisarres sowel as verpligte bywoning van maatskaplike programme insluit.
Losch mag nie weer aan soortgelyke oortredings skuldig bevind word tydens die tydperk van opskorting nie.
Die hof het bykomend gelas dat Losch se naam opgeneem moet word in die nasionale register vir seksuele oortreders.


