Die jaarlikse Pioneer Polar Bear Splash ten bate van Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester vind vanjaar op 17 Augustus om 08:30 by die Seminarie-koshuis se swembad, op die hoek van Tulbagh en Adderleystraat, Worcester, plaas.
Ondernemings, individue, leerders en dies meer word genooi om hierdie pretdag by te woon om ’n baie goeie doel te ondersteun. Diegene wat nie kans sien vir die ysige waters nie, kan hul bydrae lewer deur ’n vriend of familielid wat die waters wel aandurf, per lengte te borg. Ondernemings kan ook bydraes lewer vir die swemmers se goody bags.
Die ysige pret begin om 08:30 met die individuele 20-minute-swem, daarna 40 minute, gevolg deur die een slegs vir dapper siele, die 120-minute-swem. Bykomend is nog ’n 120-minute-swem in die vorm van ’n aflos vir vier spanmaats.
Swemmers betaal R200 per persoon en die publiek word genooi om hierdie uitdaging gratis te kom besigtig en die ysbere te kom ondersteun.
Daar sal gelukstrekking-pryse wees, sowel as eet- en drinkgoed, asook spin the wheel. Dit is ’n pretbelaaide dag vir die hele gesin.
. Kontak Cathy Hugo by 084 568 7091 vir inskrywings, borgskappe en meer inligting.




