’n Olie lekkasie vanuit ’n tenkwa veroorsaak vertragings op die pad in die Rouxweg omgewing op Worcester. Pendelaars word gemaan om alternatiewe roetes te neem.Foto: BVM


Die Breedevallei-munisipaliteit het vandag (Maandag 5 Junie), noodmaatreels implimenteer nadat ’n olielek vanaf ’n tenkwa-vragmotor plaasgevind het op die padoppervlakte van Rouxweg, vanaf die Worcester Brandweer tot by die uitgang na die N1.

Die oorsaak van die storting was veroorsaak deur ’n foutiewe klep op die tenkwa wat kragopwekker-olie vanuit die tenkwa laat lek het.

’n Olie- en chemiese besoedelingsbeheerdiensverskaffer is na die gebied ontplooi wat opruimingsoperasies gefasiliteer het.

Pendelaars word in kennis gestel dat die uitgaande baan vanaf die Kerk- en Rouxweg-kruising tot by die N1 (en alle aansluitende toegangsbane) vir verkeer gesluit is, terwyl die inkomende baan toeganklik bly.

Hierdie voorval, tesame met die huidige stop-en-ry-reëling by die N1 en Hoogstraat-kruising, sal opeenhoping in die omgewing en aangrensende gebiede, veral die Rabielaan en Trappestraat-ruggraat, verhoog.

Pendelaars word dus aangeraai om alternatiewe roetes te oorweeg om potensiële vertragings te vermy, veral tydens spitsverkeerperiodes en beurtkrag:

• vanaf die R60 in die rigting van Kaapstad: verlaat die R60 (linksdraai) op die Aan De Doorns-pad om die N1 via Rawsonville te bereik

• vanaf die R60 in die rigting van De Doorns: verlaat die R60 (regsdraai) op die Overhex-pad om die N1 via De Wet te bereik.

Die munisipaliteit bedank pendelaars vir hul geduld gedurende hierdie tydperk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article