“There is a new sheriff in town.” Die Langerugskool se leerders (beter bekend as die Leeus) het nou reeds vir ses maande ’n nuwe “Koning Leeu” aan die stuur, Mariet Oosthuysen. Sy was voorheen adjunkhoof by Jan Kriel-skool in Kuilsrivier. Sy is passievol oor spesiale onderwys en beskou dit as haar roeping om haar organi­satoriese en bestuursvaardighede aan te wend om reg vir kinders te laat geskied. In haar vrye tyd kamp sy graag saam met haar gesin en bring tyd in die buitelug deur. Die skool glo dat sy reeds tussen die Boland se mooi blou berge tuis voel.


Nuwe ‘Leeu’ aan stuur van die Langerugskool

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article