Avianpark in Worcester pronk binnekort met ’n opgegradeerde private kliniek, Sha’p Left.
Dit is om diegene wat deur die dag werk, nie net na-ure nie, maar ook oor naweke en op openbare vakansiedae met primêre gesondheidsorg te kan bedien.
Die kliniek, wat voorheen onder die naam Wilbron Basic Health Services dienste aan die gemeenskap gelewer het, open amptelik aanstaande Maandag (28 Oktober).
Primêre gesondheidsorgdienste sal gelewer word van Maandag tot Vrydag 09:00 tot 18:00, Saterdae 08:00 tot 13:00, Sondae 12:00 tot 14:00 en op openbare vakansiedae 08:00 tot 13:00.
Die kliniek by Penguinstraat 14, Avianpark, word in samewerking met die Cipla-stigting bedryf.
Vir meer besonderhede kan suster Wilmaree Montagu by 060 868 7804 gebel word.




