Drie leerders van Nuwe Hoopsentrum het goed gevaar by die onlangse SA Atletiekbyeenkoms. Maxwell Human (links) het 4de plek behaal vir seuns o.17 in die diskusgooi. Jomare Hendricks (middel) het 2de plek vir meisies o.17-gewigstoot en 1ste plek in spiesgooi behaal. Sy het ook haar persoonlike rekord verbeter en is aangewys as die beste LSEN-veldatleet in die toernooi. Renaldo Plaaitjies (regs) het 4de plek vir seuns o.17 in die 400 m behaal. Die byeenkoms is van 2 tot 5 April in Germiston gehou.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Nuwe Hoop-atlete wys hul staal by SA’s

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article