Swanns Busdienste van Worcester is nou met groot trots die amptelike borg van die Boland Rugbyunie Skeidsregters. Die nuwe spoggerige kleredrag is op 6 November by ’n seremonie by Bolandpark, Wellington, oorhandig. By die geleentheid is die Top-30-Skeidregters (betrokke in die Top-16-, 12-, 10- en 8-uitspeelrondes) met hul nuwe hemde (agter) saam met Angus Stubbs van Boland Rugbyunie, Juan Swanepoel van Swanns Busdienste, Bennie van Rooi, president van die BRU en Arno Gallant, Linston Manuels en Jullie Jacobs (al drie van BRU).


Nuwe BRU skeidsregters borg (advertorial)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article