Is jy of iemand wat jy ken ’n fenomenale vrou?Foto:

Credit: Lise Beyers

Voortbouend op verlede jaar se dawerende sukses word nominasies namens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), in samewerking met die Historium Trust en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, ingewag om agt onbesonge heldinne van hierdie gemeenskap te vereer.

Die “Fenomenale Vroue”-wenners sal op ’n spog-galageleentheid ter viering van Vrouemaand op Woensdag 23 Augustus hul pryse ontvang.

Die publiek kan tot 30 Junie enige vrou wat haar inspirerende werk in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit verrig vir verskeie kategorieë nomineer.

Besoek capewinelands.gov.za en klik op die banier Phenomenal Women – dit is ook selfoon-vriendelik! Vul die vorm volledig, elektronies of per hand in en e-pos dit na info@historium.co.za of WhatsApp die inskrywing na 076 017 6026.

Gedrukte nominasievorms kan ook by enige munisipale kantoor, plaaslike biblioteke, die Thusongsentrum of Taalmuseum/Historiumsentrum in Pastorielaan verkry word.

Meer inligting en inskrywingsreëls beskikbaar by capewinelands.gov.za/phenomenal-women-2023 en taalmuseum.co.za.

Gaan kyk gerus na verlede jaar se wenners op Facebook.

Kontak Amila Ernstzen by 021 872 2022 of info@historium.co.za met enige navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article