’n 18-jarige vrou van Ashton is vermoor aangetref nadat sy verlede week as vermis by die polisie aangemeld is.

Die oorledene, Sharlene Nini, en haar niggie het glo saam gekuier en volgens inligting ontvang is die twee laas gesien toe hulle van ’n plaas in Klaasvoogds af gestap het. Die twee was glo boesemvriende en was gereeld saam en het dikwels saamgekuier.

Die niggie het glo later vir die polisie gaan wys waar Nini se lyk is. ’n Bebloede baksteen is langs haar kop gevind.

Op hierdie tydstip is dit nie duidelik of Nini se niggie in verband met die moord in hegtenis geneem is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article