Die Mnr. en Mej. Worcester Gimnasium-kompetisie is nie net ’n gewone skoonheidskompetisie nie. Die finaliste in dié prestigekompetisie sal in 2020 meer betrokke wees by gemeenskapsprojekte waardeur die skool graag ’n verskil in mense se lewe wil maak. Vanjaar se finaliste het reeds verlede kwartaal met hierdie nuwe inisiatief begin deur Woensdag 11 September 2019 ’n uitreik-aksie saam met die Earth Club by te woon. Gimnasium sien uit na die verskil wat hierdie pragtige jong mense in die gemeenskap sal maak. Enigiemand wat ’n gemeenskapsprojek het wat hul graag wil hê deur die Mnr. en Mej. Worcester Gimnasium-finaliste ondersteun moet word, kan Grethe Steenkamp by 023 347 0426 bel of ’n e-pos na gsteenkamp@worcgim.co.za stuur.Foto:


Nie net mooi gesigte nie, dié Gimmies wil ’n verskil maak in die gemeenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article