Die seëvierende Guptas-krieketspan bedank graag die eienaars van Roodehoogte-plaas vir die gebruik van hul terrein asook Charl en Lanie Marais vir die borg van hul nuwe speeluitrustings.


Die vierde ronde van Robertson-sagtebalkrieket­unie-wedstryde het Sondag (23 Februarie) in die 20-boulbeurt-kompetisie plaasgevind.

Die spanne van Dorpsig United en Droë Heuwel United het in die eerste wedstryd van die dag kragte gemeet.

Dorpsig United het eerste gekolf en 117/8 bereik. DHU is op sy beurt vir 94 lopies uitgeboul. Dorpsig United het die wedstryd met 23 lopies gewen.

In die tweede wedstryd het die Torna­do’s en Die Stoep teen mekaar gespeel.

Die span van Tornado’s het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, maar is almal vir 68 lopies uitgeboul.

Die span van Die Stoep het met die kolf ingelê en die wenlopies 69/8) gehaal en die wedstryd met een paaltjie gewen.

Die Guptas en New Orleans het in die hoofwedstryd van die dag teen mekaar gespeel. Guptas het eerste gekolf en 142/9 in sy 20 beurte bereik.

New Orleans kon nie aan die gang kom nie en is almal vir 43 lopies uitgeboul.

Guptas het die wedstryd met 99 lopies gewen.

Wedstryde vir Sondag 2 Maart:

09:45 – Superstars t. Guptas

12:30 – Die Stoep t. Pen United

15:30 – Tornado’s t. Dorpsig United.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article