Vallei Organies en Moov het onlangs weer ’n baie suksesvolle gholfdag by die Worcester-gholfbaan gehou – die Neethling Foundation se liefdadigheidsbeker-gholfdag, wat jaarliks gehou word om geld vir ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie in te samel. Altesaam 27 spanne het vanjaar deelgeneem om hierdie goeie doel te ondersteun.
Vanjaar was die verkose organisasie wat uit hierdie gholfdag sal sal baatvind, die ASD Sean Kelly.
Die gholfdag is vernoem na die geliefde Siebert Neethling, wat in 1992 die stigterslid van Wynland Organiese Kragbemesting was, wat gelei het tot die geboorte van Vallei Organies. Neethling is in Februarie verlede jaar oorlede.
Neethling was ’n ware omgeemens wat met verskeie projekte na die gemeenskap uitgereik het.
Die Sean Kelly-sentrum vir sensories gestremde kinders in Worcester voorsien dag-, kinder- en jeugsorg aan kinders met matige tot ernstige ontwikkelingsgestremdhede, sowel as residensiële dienste aan kinders met erge gestremdhede.
Vallei Organies en Moov het hul harte en beursies oopgemaak om hierdie instansie te help om die inwoners se lewe makliker te maak. Hulle wil ook graag reis vir hulle vergemaklik, wat ‘n groot uitgawe gaan wees.
Vallei Organies en Moov het vanjaar R220 000 vir die San Kelly-sentrum ingesamel.





