Die Primrose-rubyklub van Worcester het die afgelope Saterdag (29 Julie) op Esselenpark-stadion alles uitgehaal om ’n begeesterde Orchard-rugbyspan net-net met 29 punte teenoor 27 te klop.

Primrose het met ’n ligte reënbuitjie wat uitgesak het, afgeskop, maar Orchard het sommer vroeg al die pas aangee, en kort voor lank was die telling 3-0 vir Orchard nadat hy met ’n strafskop geslaag het.

Primrose het hom reggeruk en sy aanvalle afgestuur. Godwin Kaywitz (haker) het onder die palegaan druk, waarna Marco Alberts (heelagter) seker gemaak het met die doelskop en die telling op 7-3 vir Primrose te staan gebring het.

Primrose het die druk daar gehou met Orchard op die agtervoet. Ná ’n skrum het Primrose die bal gekry en sy agterlyn weggestuur, waarna Bertim Ruiters (vleuel) die bal gekry en ’n onverdoelde drie gedruk het (telling 12-3 vir Primrose).

Primrose is ná die inskop tot foute gedwing, wat beteken Orchard het ’n strafskop gekry en die gaping na 12-6 verklein het.

Orchard het dit met ’n verdoelde drie oipgevolg, met die telling 13-12 vir Orchard teen rustyd.

Orchard het vir die tweede helfte afgeskop, wat Primrose ontvang en weer aanvalle vanstapel gestuur het.

Bertim Tuiters (vleuel)het die bal gekry en ’n tweede drie gedruk (telling 17-13 vir Primrose).

Die Worcester-span het weer die bal ná ’n skop ontvang en veld-op tot binne Orchard se 22-gebied gehardloop. ’n Losgemaal het ontwikkel, en Primrose se agsteman, Marco Snyders, het die bal gekry en vir ’n onverdoelde drie oorgebars (telling 22-13 vir Primrose).

Primrose het vars bene van die bank af gekry, onderwie Previn Lawrence, wat onmiddellik ’n drie gedruk het, wat Shameeg Williams (losskakel) verdoel het (telling 29-13vir Primrose).

Orchard het egter met twee verdoelde drieë geantwoord en Primrose laat skrik. Die eindfluitjie het egter kort daarna op 29-27 vir Primrose geblaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article