Een van die waens van ’n vragmotor het Dinsdagaand op die N1 by De Wet, omtrent 10 km buite Worcester, aan die brand geslaan. Die vragmotor het in die rigting van Worcester gery toe dit gebeur het. Brandbestryders was op die toneel om die brand te blus terwyl die pad vir verkeer in beide rigtings gesluit was. Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd, en so ook die kop van die vragmotor. Volgens inligting blyk dit dat die middelste waentjie aan die brand geslaan het. Dit is tans nog onduidelik wat die waens vervoer het. Volgens ’n bron met kennis van die toneel is die pad eers gisteroggend voor 08:00 weer vir verkeer oopgestel en ’n stop-ry-stelsel is ingestel. Foto: One-Way Towing


N1 lank gesluit ná trok se wa brand

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article