Drie jaar ná die moord op Renée Jain buite Wolseley sloer die saak steeds.
Jain is op 26 Maart 2021 in haar huis op die landgoed De Vierde Liefde vermoor. Vier mense is destyds in hegtenis geneem.
Die saak teen die beskuldigdes – Maurice Arries, ’n voormalige hofordonnans in Piketberg sowel as Frederick Lottering, Anthony Schippers en Nolan Visagie – is onlangs tot 18 November uitgestel om verdere inligting aan die verdediging te verskaf.
Buiten dat die beskuldigdes tereg staan weens die moord, is hulle ook van roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om moord te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, aanranding en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad aangekla.


