’n Man is gister (Woensdag 13 November) helderoordag op die voorstoep van die departement van binnelandse sake in Adderleystraat, Worcester, vermoor. Inwoners op die toneel sê die man se lewe is kortgeknip nadat ’n groep mans hom in Greystraat gejaag het. Terwyl hulle hom agterna gesit het, het hy glo by verskeie sake-ondernemings wegkruipplek probeer soek. Die man het later in die rigting van die departement van binnelandse sake gehardloop, waar hy op die stoep met ’n skerp voorwerp doodgesteek is. Die oorledene se identiteit was teen die koerant se druktyd nog nie bekend nie.Foto:


Moord helderoordag in Worcester-middedorp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article