Die meisies-toutrekspan (afdeling 480 kilogram) van die Hoërskool Montana het aan die Kaapse Wynland-toutrekkampioenskap in die junior afdeling deelgeneem waar hulle as die kampioene in hul gewigsafdeling gekroon is en ook die algeheel derde plek behaal het. Agter van links is Linka-Lee de Jager (gr. 8), Janeska Minnie (gr. 12), Rossouw du Toit (afrigter), Chantél du Toit (afrigter), Chloë Gelderblom (gr. 8), en Nadene Taljaard (gr. 8). Onder sit Catelinn Cupido (gr. 10), Jessica Jansen van Vuuren (gr. 12), Miley Geyser (gr. 11) en Anjé Gelderblom (gr. 11). Chloë en Anjé is nie aan mekaar verwant nie.


Montana-toutrekspan is bobaas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article