Die Hoërskool Montana se skaakspelers het op 25 Februarie aan die Noord-Bolandse skaakproewe op De Doorns deelgeneem. Altesaam 12 van die 19 spelers het deurgedring na die volgende ronde in Wellington op 5 Maart. Veral die o.15-meisies het goed gevaar en hul ouderdomsafdeling oorheers. Anneke Erasmus (gr. 8) het ook op 17 Maart deel gevorm van ’n Kaapse Wynland-opespan in Hartenbos by ’n interprovinsiale skaaktoernooi. Daar het sy vier uit vyf wedstryde gewen en haar span was algeheel derde. Gedurende die eerste naweek van die skoolvakansie (1-2 April) het sewe leerders deelgeneem aan die Wes-Kaapse Skole Individuele Provinsiale Kampioenskap as deel van die Kaapse Wynlandspan. Van links is Genevieve Demas (gr. 11 Credit: SYSTEM

Montana se skaakspelers blink uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article