Die Langeberg-munisipaliteit is ernstig besig om na Montagu en omgewing se waterkwessie te kyk.Foto: Ter illustrasie

Credit: SYSTEM

In reaksie op talle klagtes oor Montagu se watergehalte – veral oor die smaak en reuk daarvan – het die Langeberg-munisipaliteit die volgende verduideliking uitgereik in die hoop om inwoners se bekommernisse en die ongerief wat veroorsaak word, aan te pak.

Montagu kry sy water uit ’n verskeidenheid bronne, insluitend van die Cogmanskloof-besproeiingsraad, Rietvlei, boorgate en water wat uit Ashton-opgaardamme gepomp word. Dit word onafhanklik getoets in ooreenstemming met Sans-241-vereistes.

Sedert die Langeberg-munisipaliteit bewus geword het van die waterverkleuring en -reuk, het hy tussen waterbronne beweeg om beter watergehalte aan verbruikers te verskaf. Dit het gelyk asof dit die probleem oplos, maar gedurende November is opgemerk dat dieselfde probleem voorgekom het.

Ten spyte van die swaelagtige reuk voldoen die watergehalte aan watergehaltestandaarde.

Die munisipaliteit besef egter dit is nie normaal nie en werk tans aan oplossings om die smaak en reuk van die water te verbeter.

Water wat in die opgaardamme teruggehou word, bevat water van wisselende gehalte na gelang van die diepte van die dam; dus, normale bedrywighede is om water te onttrek van twee vlakke, hoog en laag. Dit maak dit moontlik om water te meng om optimale watergehalte te verseker, terwyl in die vereiste wateraanvraag voorsien word. Wanneer die damvlak laag is, is slegs die laevlak-onttrekking doeltreffend, maar dit kan nie heeltemal in die vraag voorsien nie.

Die reukprobleem kan van die bodem van die dam ontstaan as gevolg van sediment wat met yster in die water reageer, wat die swaelbakterieë in die water aktiveer. Die vermenging van water help om hierdie uitwerking te versag indien dit voorkom.

Suid-Afrika ervaar ’n ernstige tekort van 70 kg chloorgas, wat deur munisipaliteite benodig word om sy water te ontsmet. Vroeër vanjaar is die munisipaliteit gedwing om alternatiewe ontsmettingsmetodes te vind, en dit gebruik tans chloortabletdo­sering. Die rou invloei word tans met vooraf chlorering behandel om die reuk te versag en watergehalte te verbeter.

Die munisipaliteit poog om sy bedryfsprosedures in hierdie verband te verbeter. Die munisipaliteit het ook ’n onafhanklike laboratorium versoek om gedetailleerde toetsing te doen en wag tans op die resultate. . Kontak ASimmans@langeberg. gov.za vir nog navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article