Lede van die Montagu-klub se rugbyspan seëvier nadat hulle Robertson Rangers met 38-12 verslaan het om met die Swanns-uitdaagbeker en die wentjek weg te loop. Montagu se rugbyklub het vir die tweede jaar agtereenvolgens die Swanns-uitdaagbeker gewen. Montagu het vanjaar teen die Robertson Rangers-rugbyklub om die beker met ’n gepaardgaande prysgeld van R10 000 meegeding. Montagu het uit die staanspoor die pap dik aangemaak en in die eerste helfte vier drieë, waarvan drie verdoel is, gaan druk om met rustyd 26-0 voor te loop. Nog tweedehelftedrieë het gevolg om die eindtelling op 38-12 te staan te bring. Die kragmeting het egter ’n tragiese nadraai gehad toe ’n jong speler van Rangers, Ashwill Sauls (24), tydens die wedstryd in ’n duikslag ernstig beseer is en later in die plaaslike hospitaal aan sy beserings beswyk het. Sauls se skielike dood het skokgolwe deur die hele Boland-rugbygemeenskap, maar veral sy tuisdorp, Robertson, gestuur en boodskappe van medelye vir sy familie, vriende, spanmaats en die Rangers-bestuur het op sosiale media ingestroom.Foto: Norman Evertson


Montagu-klub vier agtereenvolgende wegholsege in Swanns-uitdaagbeker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article