Mac-John Daniëls, ’n senter van die Montagu-klub, breek deur Villagers Montagu se verdediging in dié spanne se Grootuitdaagbeker-stryd. Montagu-klub het verlede Saterdag (29 Junie) sy tweederonde-derbywedstryd in die Grootuitdaagbekertoernooi teen Villagers Montagu met 36-24 gewen. Dié kragmeting lok gewoonlik groot belangstelling en is op Villagers, alombekend as Sesduim, se tuisveld gespeel. Die King Edward-sportterrein het behoorlik uit sy nate gebars. Dit was ’n betreklik gelykop eerste helfte, met die rustydtelling 14-12 in Sesduim se guns. Namate die wedstryd in die tweede helfte gevorder het, het Montagu-klub egter beheer van die wedstryd geneem en uiteindelik met 36-24 koning gekraai. Met die oorwinning het Montagu-klub ook die bordjies verhang nadat Sesduim in dié spanne se eersteronde-derbywedstryd met die louere weggestap het.Foto: Franco Caleb Chayim du Toit


Montagu-klub kraai koning

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article