Die wenners in die intermediêre afdeling was: Voor: Ambruze Demas, wat as die tweede prinses aangewys is, Farren Coetzee, wat as junior Mej. Waveren gekroon is, en Valnique Pedro, die eerste prinses. Agter: Lauren Joseph (die karakter Zoe van die kykNET-program Suidooster), Ann Absalom en Jaime-Lee Pietersen.Foto’s: Peter Luitjies


Hoërskool Waveren het onlangs hul skoonhede gekroon. Die glansgeleentheid het in die skoolsaal op Tulbagh plaasgevind.

Wenners is in die grondslagfase, intermediêre en seniorfase aangewys.

Die deelnemers was in die nuutste modegier geklee. Ouers het die geleentheid bygewoon en hul kinders ondersteun.

Lauren Joseph, die karakter Zoe van die kykNET-program Suidooster, was die spesiale gas en hoofbeoordelaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article