Die jong gholfspeler MJ Smit, ’n leerder aan die Laerskool Worcester-Oos, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse o.13 Ope in Vereeniging deelgeneem, waar hy Boland verteenwoordig het. Daarbenewens handhaaf hy ’n voorgee van 10.4. MJ het vanjaar al 55 rondes gholf gespeel en aan agt Boland-ligakompetisies deelgeneem. Hy is vierde op die Bolandse o.13-ranglys en is 34ste op Suid-Afrika se lys vir o.13-spelers. MJ was ook die o.13-wenner van die Worcester- en Porterville- Boland Junior kampioenskap en het verskeie tweede en derde plekke behaal. Dié talentvolle gholfspeler het ook in die Boland o.15-liga gespeel en dié liga gewen.


MJ slaan sy pad oop

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article