. ’n Man is Donderdag 19 Oktober dood nadat hy deur twee onbekende verdagtes met ’n mes gesteek en ook geskiet is. Die voorval het om 23:35 agter die Q-woonstelblok in Roodewal plaasgevind. Hy het steekwonde aan sy voorkop, nek en linkerarm opgedoen en is in die linkerheup geskiet.

Met die polisie se aankoms op die toneel het die man nog gelewe en is hy na die hospitaal vervoer, maar hy het by die hospitaal aan sy wonde beswyk. ’n Saak van moord word deur die polisie ondersoek en een verdagte is in hegtenis geneem. Die verdagte het Vrydag 27 Oktober die eerste keer in die hof verskyn. Die saak is tot Donderdag 9 November uitgestel.

. Nog ’n man is Saterdag 28 Oktober doodgesteek. Die voorval het om 06:50 voor die A1-woonstelblok in Riverview plaasgevind. Volgens die polisie was die oorledene en die verdagtes ten tyde van die voorval in ’n bendeverwante bakleiery betrokke. Die oorledene is in die linkerkant van sy bolyf gesteek en het probeer weghardloop. Hy het egter ’n entjie weg aan sy wond beswyk. Vier verdagtes is in hegtenis geneem en het op 30 Oktober in die hof verskyn. Hulle sal weer op 14 November in die hof wees.

. ’n 14-jarige seun van Zwelethemba is in hegtenis geneem nadat hy sy stiefpa na bewering vermoor het. Die voorval het glo op 1 November plaasgevind. Volgens die polisie het die seun gesien hoe sy stiefpa sy ma aanrand en haar glo in ’n vullisdrom gesit het. Die seun het sy stiefpa probeer keer, maar die man het ’n mes in sy hand gehad en hom daarmee probeer steek. Die seun het toe gevlug, maar sy stiefpa het hom agternagesit. Die seun het by hul huis ingehardloop en ’n mes gegryp om homself te verdedig en sy stiefpa is in die bors gesteek. Die volwassene het op die toneel ineengestort en is later oorlede. Die seun het op 2 November in die hof verskyn en sal weer op 6 Desember in die hof wees.

. An unknown man was found dead on Monday 13 November in Zwelethemba. Police officers were called to the scene of a murder at the Black Road, New Mandela Square. On arrival they found one unknown male with one stab wound on the right side of his chest. An ambulance was already on the scene and the victim was declared dead.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article