By die geleentheid was Elizna Mouton (eienaar van Miracle Products), Allenor Toorn (agente-bestuurder), Valerie Mouton (inhoudsvervaardiger en bemarking), Marinda Johnson (agente-bestuurder) en Jo-Ann Britz van Montagu (gasvrou en agente-bestuurder).Foto: Nayks Photography


MONTAGU – Wanneer 200 vroue bymekaar kom en worship, hulself geniet, hul stories deel en mekaar se krone regskuif, dan weet jy dit is die Miracle-prinsesse wat bymekaarkom.

Miracle Products se eerste geleentheid is Saterdag in Montagu gevier met Jo-Ann Britz as gasvrou. Wat hierdie dag nog meer spesiaal gemaak het, is dat die stigter, Elizna Mouton, op dié dag verjaar het en hulle het dus behoorlik fees gevier.

Miracle bedank die Hemelse Vader. Sy teenwoordigheid kon elkeen voel en almal het geweet die dag is geseënd.

By hierdie geleentheid het Miracle ’n skenking (speelgoed) aan Kabouterland-kleuterskool oorhandig. Vroeëkinderontwikkeling is vir hulle belangrik en Miracle wil ’n verskil maak.

Miracle se volgende byeenkoms is op 5 Oktober in Tulbagh. Bel Suzanne Booysen by 079 409 4117 vir meer inligting. Miracle Products is op 15 Februarie 2025 in Ashton. Bel Allenor Toorn by 065 646 4992.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article