Orchard Primêre Skool in De Doorns het verlede week ’n skenking van mini-kriekettoerusting ontvang. Dié skenking is aan die skool gemaak om die KFC/Bakers se mini-krieket by die skool te bevorder. Die o.9-seuns en meisies word in die program geplaas om hul hand-oog-koördinasie en ander krieketvaardighede aan te leer. Afrigters word ook gereeld vir kursusse en klinieke en vir groot KFC Bakers-mini-krieketdae gestuur. Hier is Inge Wessels (koördineerder van Bakers-mini-krieket van Orchard Primêr), Yolandi van der Westhuizen (hoofkoördineerder van KFC/Bakers-mini-krieket Boland-krieket) en Danver Olsen (onderwyser en afrigter by Orchard Primêr) by die oorhandiging. Die leerders en afrigters het ook uniforms gekry wat deur KFC/ Bakers-mini-krieket geborg is. Foto:


Mini-krieket gaan van krag tot krag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article