Die Breedevallei- Vereniging vir mense met gestremdhede in Worcester het ook Donderdag 21 Maart Menseregtedag gevier. Verskeie rolspelers waaronder Famsa, die ACVV, die departement van maatskaplike dienste en die polisie het die geleentheid bygewoon. Tydens die verrigtinge het konst. Celeste Diergaart gestremdes se regte aan hulle verduidelik, waarna Barenice Wilskut van die Barenice Wilskut Music Ministry en Clarique Davids die gaste met sang vermaak het. Sherredon Lennerts en Jubelian Neethling – albei leerders van Worcester Senior Sekondêr – het gedigte wat hulle self geskryf het, aan die gehoor voorgelees. Foto: Enrico Claassen


Menseregtedag gaan hulle nie verby

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article