Die Plantasie Band van Robertson het op 25 Oktober sy jaarlikse Model van die Jaar-byeenkoms gehou. Daar was verskillende kategorieë vir die aand, met tien senior deelnemers wat deelgeneem het. In die senior afdeling het beoordelaars die drie bestes gekies. Die wenners is Octavia Otto (tweede prinses) en Amy-Leigh Kees (eerste prinses), met Elrin Mouries wat as najaar se Mej. Plantasie gekroon is. Die ouers, families en vriende was trots op al die deelnemers, met die saal wat vir die geleentheid stampvol was. Al drie wenners is leerders aan Langeberg Sekondêre Skool. Octavia en Amy-Leigh is in gr. 9, en Elrin in gr. 12.Foto:


Mej. Plantasie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article