Altesame 103 pare nuwe skoolskoene is Vrydagoggend 23 September aan verteenwoordigers van verskeie skole in die Worcester-omgewing oorhandig. Die projek, Shoes4Souls, was ’n gesamentlike projek van drie diensorganisasies – die Worcester-Rotariërs, die Worcester Lions-klub en die Worcester-Tafelronde – in samewerking met Afrimat. Die skole wat by die projek gebaat het, is Aan de Doorns Primêr, Hoërskool Breëriver, Hoërskool Esselenpark, Pionierskool en die Innovation for the Blind. Agter is Jean Fouche (president van die Worcester Lions-klub), Edwin Etzebeth, Leonie Pelteret en Bob Parris (lede van die Worcester-Rotariërs), Trevor Pigg (voorsitter van die Worcester-Rotariërs), Dawie Bester (lid van die Worcester-Tafelronde) en David Reade (lid van die Worcester-Rotariërs). Voor is Christel Arendorf, Jessica Etzebeth (lid van die Worcester-Rotariërs en sameroeper van die projek), Leatitia Ahmed (Hoërskool Breërivier), Hervien Fransman (Aan de Doorns Primêr), Ester Letsi, Lorna Reade (lid van die Worcester-Rotariërs en stigter van die projek) en Jeandre Eygelaar, ’n lid van die Worcester Lions-klub. Foto: Ken McIntyre


Meer as 100 pare skoene uitgedeel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article