Johanna de Jager is verlede Saterdag ter ruste gelê. Foto:

Credit: SYSTEM

Johanna de Jager, die matriarg van die bekende De Jager-familie, is verlede week oorlede.

Sy was die eggenote van Japie de Jager, die stigter van die De Jagers-klerewinkels.

Sy is Woensdag 24 Mei oorlede, lui ’n inskrywing wat die De Jagers op hul Facebook-blad gemaak het.

Standard het na die familie uitgereik en het die volgende antwoord ontvang: “Ons sal vir seker my ma se omgee en liefde vir haar familie en vriende die meeste mis. Elkeen was vir haar belangrik; vir elkeen het sy spesiaal laat voel. Haar huis het altyd oopgestaan vir al haar geliefdes.”

Hulle sal haar ook as omgee-mens onthou.

“Sy was ’n omgee-mens wat haar kinders met groot liefde maar binne streng reëls grootgemaak het.”

Johanna is op 6 Januarie 1937 in Ceres gebore en het daar grootgeword. Sy het later by die destydse Wellington-opleidingskollege onderwys gaan studeer en het van 1959 tot 1962 in dié beroep gewerk.

Sy en Oom Japie het vroeër vanjaar hul 60ste huweliksherdenking gevier. Die paartjie het mekaar in 1961 ontmoet en in 1963 in die huwelik getree. Vyf kinders is uit die huwelik gebore.

Die familie het hul ma reeds verlede Saterdag ter ruste gelê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article