Hendrik Baadjies en Raymond Carolus is die eerste inwoners van Matjiesfontein wat betrokke is by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) se MTJ-diepruimtegrondstasieprojek in Matjiesfontein, wat geotegniese ondersoeke doen.

Dié twee inwoners is deur die gemeenskapsontwikkelaar, Riaan Willemse, aanbeveel.

Baadjies en Carolus is in Matjiesfontein gebore en getoë. Baadjies is in 1963 gebore, en Carolus in 1973.

Beide het tot gr. 6 skoolgegaan en albei is getroud en het drie kinders elk.

Volgens Carolus het sy “hoop en drome” om deel te wees van hierdie [Sansa se diepruimtegrondstasieprojek], waar geword.

“Ek het semi-vaardighede in skrynwerk, loodgieterswerk, verf en ’n kode 14-lisensie vir die bestuur van vragmotors. Ek kan ’n hyskraan wat op ’n vragmotor gemonteer is, gebruik en weet hoe om ’n watervragmotor en vragmotors met klaargemengde vrag te gebruik. Ek glo hierdie projek is ’n geleentheid om hierdie vaardighede te gebruik.”

Volgens hom is Matjiesfontein ’n klein en verlate dorp met min werksgeleenthede.

“Dinge is moeilik op die oomblik, maar die Sansa-projek het vir ons hoop gebring. Dit gee ons die versekering dat God steeds hier buite is en hy het ons gebede verhoor.”

Baadjies sien ’n blink toekoms vir die projek en die jeug in die gemeenskap.

“Hierdie projek sal ’n pragtige toekoms vir die Matjiesfontein-gemeenskap skep – veral vir die jongmense. Die hele gemeenskap – oud en jonk – sien uit na die verandering wat dit gaan bring. Ek hoop dit kan permanente werk skep,” het hy gesê.

“Sansa glo die MTJ-grondstasie in Matjiesfontein sal ekonomiese aktiwiteite stimuleer deur toerisme in die gebied te verhoog en entrepreneur­skap aan te moedig. Dit was van die begin af ons [Sansa se] voorneme om te verseker dat die Matjiesfonteingemeen­skap op die een of ander manier by Sansa se aktiwiteite in die omgewing sal baat,” het Sansa se sakeontwikkelingsbestuurder, Tiaan Strydom, gesê.

Sansa is bekend vir telemetrie, as antenna-gasheer en die bekendstelling van ondersteuningsdienste.

Die nuwe diepruimtegrondstasie in Matjiesfontein sal Sansa help om diepruimteverkenningsinfrastruktuur te ontwikkel met gesofistikeerde toerusting vir kommunikasie met satelliete en planete. Die terrein sal later deel wees van die Amerikaanse nasionale lugvaart- en ruimte-administrasie (Nasa) se maanverkenningsgrondterreine.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article